Netwerk-UPnP-terugspeel

Hierdie stereo kan inhoud speel vanaf Universele Koppel-en-klik (“Universal Plug and Play” - UPnP)-toestelle wat aan die netwerk gekoppel is, soos rekenaars en mediabedieners. Jy moet jou UPnP-toestel met gebruik van bedrading of ’n koordlose verbinding aan dieselfde netwerk as die stereo verbind, en jy moet die toestel opstel om media oor die netwerk te deel. Raadpleeg jou UPnP-toestel se eienaarshandleiding vir meer inligting.

Nadat jy jou UPnP-toestel aan die netwerk verbind het en dit opgestel het om media te deel, verskyn die UPnP-bron op die bronkeuseskerm van elke stereo op die netwerk (Kies ’n bron).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4