Instel van die ontwaakfrase

Die ontwaakfrase is ’n woord of frase wat jy kan sê om stemopdrag te aktiveer. Die verstek-ontwaakfrase is Stemopdrag.

WENK: Jy kan die kans op toevallige stemopdrag-aktivering verminder deur ’n sterk ontwaakfrase te gebruik.
  1. Kies Toepassings > Navigasie > Stemopdrag > Instellings > Ontwaakfrase.
  2. Voer ’n nuwe ontwaakfrase in.

    Die toestel dui die sterkte van die ontwaakfrase aan namate jy die frase invoer.

  3. Kies Gedoen.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4