Roetevoorkeurinstellings

Kies Toepassings > NutsmiddelsInstellings > Navigasie > Roetevoorkeur.

Berekeningsmodus

Stel die roeteberekeningsmetode.

Vermydings

Stel padkenmerke om op ’n roete te vermy.

Selfgekose Vermydings

Stel jou in staat om spesifieke paaie of gebiede te vermy.

Omgewingsones

Stel die vermydingsvoorkeure vir gebiede met omgewings- of uitlaatbeperkings wat op jou voertuig van toepassing kan wees.

Tolpaaie

Laat jou toestel toe om roetes deur Noord-Amerikaanse tolpaaie te vermy.

LET WEL: Hierdie instelling is slegs in Noord-Amerika beskikbaar.
Tolgeld en Fooie

Laat jou toestel toe om roetes deur Europese tolpaaie of paaie wat tolplakkers vereis, te vermy.

LET WEL: Hierdie instelling is slegs in Europa beskikbaar.
Beperkte Modus

Versper alle funksies wat beduidende operateursaandag benodig.

Reisgeskiedenis

Stel die toestel in staat om inligting vir die myTrends™, Ritgeskiedenis- en Ritlog-kenmerke aan te teken.

Wis Reisgeskiedenis

Wis jou reisgeskiedenis vir die myTrends, Ritgeskiedenis- en Ritlog-kenmerke.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4