Verstel die laebasluidsprekerfilter

Jy kan die laebasluidsprekerfilter-instelling gebruik om die laebasluidspreker se afsnyfrekwensie vir elke sone te beheer, wat die klanksamestelling van die luidsprekers en die laebasluidspreker kan verbeter. Oudioseine bo die gekose frekwensie word nie na die laebasluidspreker oorgedra nie.

LET WEL: As ’n DSP-instelling op ’n sone toegepas is, kan hierdie instelling nie op die stereo verander word nie. Jy kan die DSP-instelling vir die optimale afsnyfrekwensie sien soos wat dit deur die DSP-beheerder bereken is, maar kan dit nie verstel nie.
  1. Kies Toepassings > NutsmiddelsMusiek > Instellings > Sone.
  2. Kies ’n sone:
  3. Kies SUB FREQ.
  4. Kies ’n frekwensie.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4