Stel ’n statiese IP-adres

Indien die stereo as ’n DHCP-bediener gekonfigureer is, word die IP-adres 192.168.0.1 outomaties daaraan toegeken. Jy kan hierdie IP-adres verander.

Indien die stereo ’n kliënt op die netwerk is en jy nie wil hê die DHCP-bediener moet outomaties ’n IP-adres aan die stereo toeken nie, kan jy ’n statiese IP-adres stel.

LET WEL: Elke toestel op die netwerk moet ’n unieke IP-adres hê. As jy ’n statiese IP-adres kies wat dieselfde as die IP-adres op die netwerk is, sal die toestelle nie reg werk nie.
  1. Kies Toepassings > NutsmiddelsMusiek > Instellings > Netwerk > Gevorderd > Wi-Fi-IP > Statiese IP.
  2. Kies ’n opsie:
    • Om die IP-adres te stel, kies IP: %1 en voer die IP-adres in.

    • Om die subnetmasker te stel, kies Masker: %1 en voer die subnetmasker in.

      LET WEL: Die subnetmasker moet ooreenstem met alle ander toestelle op die netwerk om reg te werk. ’n Tipiese subnetmasker is 255.255.255.0.
    • Om die verstekdeurgang se IP-adres te stel, kies Deurgang en voer die deurgang se IP-adres in.

      LET WEL: Die verstekdeurgang word gewoonlik as die IP-adres van die DHCP-bediener op die netwerk gestel.
  3. Kies Berg.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-31BF71FA-C94A-4E45-AB5F-B85B7AEF6A73 v4