Jy kan media vanaf ’n versoenbare Bluetooth® toestel deur middel van die Bluetooth koordlose verbinding speel.
Jy kan die musiekterugspeel beheer met die mediatoepassing op ’n Bluetooth toestel of deur middel van die FUSION-Link™ afstandsbeheertoepassing (FUSION-Link koordlose afstandbeheertoepassing).
-
Kies die BT-bron.
-
Kies om die stereo vir jou versoenbare Bluetooth toestel sigbaar te maak.
-
Aktiveer Bluetooth op jou versoenbare Bluetooth toestel.
-
Bring die versoenbare Bluetooth toestel binne 10 m (33 vt.) van die stereo.
-
Op jou versoenbare Bluetooth toestel, soek vir Bluetooth toestelle.
-
Kies die stereo uit die lys bespeurde toestelle op jou versoenbare Bluetooth toestel.
-
Volg die instruksies op die skerm van jou versoenbare Bluetooth toestel om met die sigbare stereo te paar en te verbind.
Wanneer jy paar, sal jou versoenbare Bluetooth toestel jou dalk vra om ’n kode op die stereo te bevestig. Die stereo vertoon nie ’n kode nie, maar dit verbind korrek wanneer jy die boodskap op die Bluetooth toestel bevestig.
-
As jou versoenbare Bluetooth toestel nie onmiddellik aan die stereo verbind nie, herhaal stap 1 tot 7.
Die Ontdekbaar-instelling word na twee minute outomaties gedeaktiveer.
LET WEL:
Op sommige Bluetooth toestelle affekteer die verstelling van die volume op die toestel die volumevlak op die stereo.