LET WEL:Aangesien DAB-seine net in sekere lande uitgesaai word, moet jy die instellerstreek stel op ’n ligging waar DAB-seine uitgesaai word.
Kies die DAB-bron.
Kies om vir beskikbare DAB-stasies te skandeer.
Wanneer skandering afgehandel is, begin die eerste beskikbare stasie speel in die eerste ensemble wat gevind is.
LET WEL:Nadat die eerste skandering afgehandel is, kan jy weer kies om vir DAB-stasies te herskandeer. Wanneer die herskandering afgehandel is, begin die eerste stasie speel in die ensemble waarna jy geluister het toe jy met die herskandering begin het.