Paring met jou slimfoon

Jy kan jou Garmin DriveCam™ toestel met jou slimfoon en die Garmin Drive™ toepassing paar om bykomende kenmerke te ontsper en toegang tot intydse inligting te kry (Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke) .

  1. Installeer die Garmin Drive toepassing vanuit die toepassingwinkel op jou slimfoon.
  2. Skakel jou Garmin DriveCam toestel aan en plaas die toestel en jou slimfoon binne 3 m (10 vt.) van mekaar.
  3. Maak die Garmin Drive toepassing op jou foon oop.
  4. Volg die instruksies op die skerm om by ’n Garmin® rekening aan te teken en die paar- en opstelproses te voltooi.

Die hoof-toepassingpaneelbord verskyn. Nadat die toestelle gepaar is, verbind hulle outomaties wanneer hulle aangeskakel en binne reikafstand is.

GUID-234ECA7B-7147-4142-80ED-C81970D02FF1 v4
September 2024