Ontvang Kennisgewings

WAARSKUWING

Moenie kennisgewings lees of daarop reageer terwyl jy bestuur nie, omdat dit tot ’n ongeluk kan lei wat op ernstige persoonlike besering of die dood kan uitloop.

Voordat jy hierdie kenmerk kan gebruik, moet jou toestel aan ’n gesteunde foon gekoppel word wat die Garmin Drive™ toepassing (Paring met jou slimfoon) loop.

’n Opspringvenster verskyn van die meeste bladsye wanneer die toestel ’n kennisgewing van jou slimfoon ontvang. Indien die toestel beweeg, moet jy bevestig jy is ’n passasier en nie die bestuurder nie voordat jy kennisgewings kan besigtig.

LET WEL: Indien jy die kaart besigtig, verskyn kennisgewings in ’n kaartnutsmiddel.
  • Om ’n kennisgewing te ignoreer, kies Goed.

    Die opspringvenster maak toe, maar die kennisgewing bly aktief op jou foon.

  • Om ’n kennisgewing te sien, kies Besigtig.
  • Om na die kennisgewing te luister, kies Besigtig > Speel.

    Die toestel lees die kennisgewing met die gebruik van teks-na-spraak-tegnologie. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

  • Om bykomende aksies uit te voer, bv. om die kennisgewing op jou foon toe te maak, kies Besigtig, en kies ’n opsie.
    LET WEL: Bykomende aksies is slegs vir sekere soorte kennisgewings beskikbaar, en moet ondersteun word deur die toepassing wat die kennisgewing genereer.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-03E29042-23C8-4418-8521-2AAEA94C7400 v5