Gebruik van die kaart

Jy kan die kaart gebruik om ’n roete te navigeer (Jou Roete op die Kaart) of om na ’n kaart van jou omgewing te kyk wanneer geen roete aktief is nie.

  1. Kies Beskou kaart.
  2. Raak aan enige plek op die kaart.
  3. Kies ’n opsie:
    • Sleep die kaart om links, regs, op en af te beweeg.

    • Om kaartlae soos topografiese of BirdsEye-beelde by te voeg of te verwyder, kies Kaartlaesimbool.

    • Om in of uit te zoem, kies Zoem in of Zoem uit.

    • Om tussen Noord bo-, 2D- en 3D-aansig te wissel, kies Verander kaartaansig.

    • Om die roetebeplanner oop te maak, kies Roetebeplannersimbool (Roetebeplanner).

    • Om ’n roete te begin, kies ’n ligging op die kaart en kies Gaan! (Gebruik die Kaart om ’n Roete te Begin).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-03E29042-23C8-4418-8521-2AAEA94C7400 v5